
Mnr. GF Starker (1939-1953), digter en toonsetter van die Skoollied.
Ons woel en werskaf heeldag deur,
Deur woeste wind soms rondgesleur!
Al kom die knoue dikwels knars,
Ons leuse bly: "Vat Vas!"
In ambag-, skool- en hostelplig,
Maak vasvat onse werkies lig.
Probleme taai of sware las,
Ons los hul op: "Vat Vas!"
Op sport- en speelgrond aan die werk,
Want nooientjies hou van spiere sterk!
Ons opponente byt die gras
Want elke man Vat Vas!
Ons ideale hou ons hoog
Met vaste sin en ferme oog;
Dan rats en reguit soos 'n Das,
Die steiltes uit: "Vat Vas!"
En as ons eendag skool verlaat
As troue burgers van die staat,
Elk in die werkkring waar hy pas,
Ons leuse bly: "Vat Vas!" - soos 'n Das!